(Optional) This text will appear in the inbox preview, but not the email body.
alt_text
Om jou op hoogte te bring met sleutelaspekte wat tydens die Raad se vergadering
op 21 November 2019 bespreek en besluit is.
Hernuwing van visekanselier se ampstermyn

Die eerste termyn van die visekanselier, prof Dan Kgwadi, verstryk in Mei 2020.

Die Raad het goedkeuring verleen dat prof Kgwadi vir 'n verdere vier jaar as visekanselier van die NWU heraangestel word.

Die Raad het prof Kgwadi bedank vir sy diens gedurende sy eerste termyn en hom gelukgewens met sy herbenoeming.

Die Raad en die visekanselier sal spesifieke fokusareas bespreek wat gemik is op die konsolidering van die vordering wat tot dusver gemaak is, sowel as op die bereiking van verdere mylpale in Suid-Afrika en internasionaal.
Verslag deur die visekanselier

Prof Kgwadi het die universiteit se hoogtepunte van die jaar 2019 aan die Raad voorgehou en 'n aantal prioriteite vir 2020 uitgelig:
  • Konsolidering en bevordering van uitnemendheid in die universiteit se kern akademiese programme
  • Versnelling van die strewe na 'n inklusiewe en verwelkomende institusionele kultuur
  • Formulering en implementering van 'n nuwe digitale strategie wat gemik is op die posisionering van die NWU om doeltreffend en effektief te reageer op die geleenthede en uitdagings van die 4de nywerheidsrevolusie
  • Diversifikasie van die universiteit se inkomstebronne om die universiteit se finansiële volhoubaarheid te verseker
  • Bespoedig die implementering van programme wat gemik is op die bereiking van die NWU se transformasiedoelwitte
  • Verseker gelykheid van voorsiening en gelykheid van studente-ervaring
Halfjaarlikse prestasieoorsig


In die eerste ses maande van 2019 het die NWU goeie vordering gemaak met die bereiking van die doelwitte soos uiteengesit in die NWU-strategie.

Die sleutelvordering met die bereiking van die goedgekeurde doelwitte in die 2019 Jaarlikse Prestasieplan (JPP) is goedgekeur deur die Raad.

Dit sal nou aan die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding voorgelê word.
2020 Jaarlikse Prestasieplan


Die Raad het die 2020 JPP goedgekeur.

DIE JPP is belyn met die universiteit se strategiese plan en bevat prestasiedoelwitte wat strook met die mediumtermyn-bestedingsraamwerk.

Die JPP sal voorgelê word aan die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding volgens die departement se vereistes.

Die JPP kan hier besigtig word.
2020-begroting en finansiële aangeleenthede

Die Raad het die 2020-begroting goedgekeur, insluitende die begroting vir die beplande infrastruktuur-ontwikkelings, en die minimum betaalbare gelde deur studente. Die volgende is van belang:
  • Klas- en registrasiegeld-verhoging – 7% (laer as interne inflasie)
  • Afstandstudentegeld- en registrasiegeldstygings – 5,3%, gebaseer op die vorige jaar weens tydsberekenings-kwessie (registrasie strek oor twee jaar)
  • Koshuisgeldverhoging van NWU-koshuise – 8%
  • Gehuurde koshuise se verhogings sal gebaseer wees op werklike koste
Indiensnemingsgelykheid

Die Raad het goedgekeur dat die volgende teikens in die nuwe Indiensnemingsgelykheidsplan geïnkorporeer sal word ten einde die pas van transformasie te versnel:
  • Aanstelling van swart werknemers: 70%
  • Aanstelling van mense met gestremdhede: 2,2%
  • Inkorporeer teikens in die universiteit se JPP en wentel af na individuele prestasieooreenkomste
Beleide en reëls

Die volgende beleide en reëls is goedgekeur en sal binnekort hier beskikbaar wees:
  • Gevorderdegrade-beleid
  • Infrastruktuurbestuursbeleid
  • Beleid vir Werknemers met Gestremdhede
  • Beleid oor Seksuele Teistering
  • Beleid oor Delegering, Opdraggewing en Agentskap
  • Proses en Reëls vir die Aanstelling van Ampsdraers
Selfgerigte Leer (SGL) opgegradeer na navorsingseenheid

Die navorsingsfokusarea Selfgerigte Leer (SGL) het 'n hoogs relevante fokus en 'n duidelike visie met uitstekende belyning met die NWU-strategie en nasionale beleid.

Dit het 'n groot aantal deelnemende lede, ervare NNS-gegradeerde en ontwikkelende navorsers.

Daar is baie nuwe inisiatiewe met goeie eksterne samewerking en 'n aantal befondsingsaansoeke en bestaande befondsing vanaf 'n verskeidenheid eksterne bronne.

Op grond van 'n omvattende verslag het die Raad goedkeuring verleen dat die bestaande SGL navorsingsfokusarea opgegradeer word na 'n navorsingseenheid.
Nuwe navorsingsentiteit: Toegepaste Navorsing in Bestuurskubernetika – nisarea

Die Raad het goedkeuring verleen dat Toegepaste Navorsing in Bestuurskubernetika geskep word op nisareavlak. Hierdie besluit is gebaseer op die feit dat die entiteit aan alle kriteria vir 'n nisarea voldoen en 'n bate sal wees vir die NWU.

Die entiteit bestaan uit navorsers van die dissiplines van bestuursrekeningkunde, finansiële rekeningkunde, besigheidsadministrasie en bedryfsingenieurswese van die Fakulteite Ingenieurswese en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

Die voorgestelde groep is belyn met NWU- en nasionale prioriteite en het 'n duidelike strategiese plan. Die werklike sterkpunt en relatiewe uniekheid is te vinde in die transdissiplinêre aard van die voorgestelde entiteit.
Nuwe navorsingsentiteit: Suiwer en Toegepaste Ontleedkunde – fokusarea

Die Raad het goedkeuring verleen dat 'n nuwe navorsingsentiteit genaam Suiwer en Toegepaste Ontleedkunde geskep word op fokusareavlak.

Die nuwe entiteit sal bestaan uit drie subprogramme, naamlik wiskunde, toegepaste wiskunde en statistiek.

Die kombinasie van wiskunde, toegepaste wiskunde en statistiek in 'n enkele navorsingsentiteit sal na verwagting groot voordele inhou.
Die volgende Raadsvergadering vind op 19 Maart 2020 op die kampus in Potchefstroom plaas.

Kontak Amanda van der Merwe vir meer inligting.